Sosiale Media
Funksies
-
Dames-ontbyt: 30 Aug 2012
Dames hou daarvan om spesiaal te voel en die Gariep Kunstefees hou daarvan om hulle spesiaal te laat voel! Ons jaarlikse Dames-ontbyt is altyd rede tot groot opwinding. Of ons nou modeperade hou met vuurwarm persoonlikhede soos Stefan Ludik en Shaleen Surtie-Richards of hoë note tref saam met Sarah Theron en blomme rangskik soos bra's ten bate van Kansa, ons hou van kuier, klets en kuns!
Kyk gerus uit vir hierdie jaar se … "spyskaart"!
-
Port Poeding en Poësie-aand
24 Augustus 2012 Dis Port, dis Poeding en dis Poësie. Belangriker nog… dis vet pret, lekker lag, lekker eet, topklas-vermaak. En hoe dan anders? Dit is immers die afskop van die jaarlikse Gariep Kunstefees. Jaarliks is daar beswaarlik genoeg kaartjies om almal wat die Port, Poeding en Poësie-funksie wil bywoon, te akkommodeer. Ons sing saam met Jak van Sally Williams Nougat en Emo doen sy ding terwyl hy op die verhoog rond spring. Dis feestelik lekker!








Stalletjies
Innie Tent
Foto's
Jeugwerkwinkels
A-ticket-2-the-Show
1000-Kidz-vir-die-Kunste
