Gariepfees

Klik hier om solank 'n voorsmakie van die interessante kos- en kunsmark produkte wat jy by dié jaar se fees kan aantref te sien.

Voorwaardes Kunsstalletjies

  • Terug na aansoekvorm
  • Ligging: Oppenheimer-Tuine Kimberley         

  • ALGEMENE INLIGTING
    U moet die aansoekvorm VOLLEDIG voltooi en dit tesame met die foto's van u produkte aanheg. Voorkeur sal aan hand-/ selfvervaardigde produkte, wat getuig van kreatiwiteit, vakmanskap en eie inisiatief verleen word. Beskryf u produk volledig en neem kennis dat u onder geen omstandighede enige produkte mag byvoeg of verander nie. U produk/te bepaal u keuringsuitslag. Nie alle produkte waarvoor u aansoek doen sal noodwendig gekeur word nie, aangesien ons 'n beperking op die aantal stalletjies per produk plaas. 'n Ooraanbod van produkte sal beperk word. Voorkeur word aan oorspronklike en SUID AFRIKAANS vervaardigde produkte verleen en geen formele besighede sal oorweeg word nie. U sal binne 14 werksdae na ontvangs van u volledige aansoekvorm, inkennis gestel word van die keuringsuitslag en by hierdie geleentheid sal ook gespesifiseer word vir watter produkte u gekeur is. Indien u aansoek onsuksesvol was, sal u gelde binne 7 dae aan u terugbetaal word. Die keuringskomitee se beslissing is finaal. Plasing vind op 'n eerstes basis plaas.

    SLUITINGSDATUM: 29 Junie 2012 teen die huidige prys                                                                     KEURINGSUITSLAG: 14 werksdae na ontvangs van volledige aansoekvorm

  • BETALING
    Aansoekvorms sonder die volle betaling sal onmiddellik afgekeur en vernietig word sonder enige kennisgewing.  Geen tjeks word aanvaar nie!  U moet u bewys van betaling (depositostrokie of internetoordrag) saam met u oorspronklike kontrak/aansoekvorm pos na:
    Gariep Kunstefees, Kunsmark, Posbus 1281, Kimberley, 8300.   (GEEN GEFAKSDE AANSOEKE SAL AANVAAR WORD NIE!)
    Bankbesonderhede:  Gariep Kunstefees, Absa Bank, Reknr: 405 5220 861, Takkode: 500 902   (GEEN TJEKS WORD AANVAAR NIE!)

  • HANDELSURE
    Die kunsmark dryf daagliks handel van 09h00-21h00, uitstallers kan tot later uitstal indien verkies. Uitstallers met die nodige voertuigpermit sal reeds vanaf 07h30 toegang tot die terrein hê om voorrade af te laai en teen 09h00 moet voertuie uit die terrein wees. Gedurende die aand sal die voertuie toegelaat word om die terrein binne te kom om 21h00 en moet almal uit wees teen 22h00. Alle uitstallers moet handel dryf tot Sondag, 2 September 2012, om 13h00. Geen voertuie sal voor 13h00 die terrein binnegelaat word nie.

  • TOEGANGSPERMITTE
    U ontvang 2 Stalletjie-eienaar/toegangskaarte per eienaar. Dit verleen toegang tot die terrein aan twee persone per dag vir die duur van die fees. Indien u bykomende hulp by u stalletjie benodig kan stalletjiehulp-kaarte gekoop word tydens registrasie teen R100-00 per persoon vir die duur van die fees. U sal ook u verpligte stalletjienommer tydens registrasie ontvang teen 'n deposito van R30-00 wat terugbetaalbaar is indien die nommer\r onbeskadig terugbesorg word Sondag tussen 12h00 en 14h00. Geen deposito’s sal daarna terugbetaal word nie.

  • PRODUKTE
    Die Gariep Kunstefees poog om `n kunsmark te wees en nie `n vlooimark nie. Alle produkte moet aan ons kunsmarkkriteria voldoen. Geen vlooimarkprodukte sal toegelaat word nie. Geen messe of enige ander skerp voorwerpe wat as wapen kan dien, sal toegelaat word nie. Laserliggies, BB Guns, flikkerliggies en vuurwerke is verbode items en sal NIE toegelaat word nie. Verskaf asseblief 'n baie duidelike produkbeskrywing op u aansoekvorm asook foto's. Uitstallers moet ook asseblief duidelike foto's van hul produk insluit. Produkte wat nie vooraf goedkeuring het nie, sal met die hulp van die polisie gekonfiskeer word en vernietig word.

  • KRAGPUNTE
    Elke kragstalletjie kry een toegekende 15 amp kragpunt vir beligtingdoeleindes. Stalletjiehouers moet asb. hul eie verlengingskoorde, in goeie werkende toestand, saambring. Nie-krag stalletjies is nie geregtig op krag nie en kan dus nie krag van iemand anders se stalletjie aanlê nie! Enige stalletjiehouer wat oortree in hierdie opsig se stalletjie sal onmiddellik gesluit word en geen gelde sal terugbetaal word nie.

  • .

    SEKURITEIT
    Die feesbestuur doen alles moontlik om die veiligheid van stalletjies gedurende gewone handelsure te verseker, maar neem geen verantwoordelikheid vir enige verliese nie. U is welkom om met Likrü Sekuriteit te skakel vir 'n sekuriteitsdiens op n individuele basis. U kan ook op die dag van registrasie met hierdie maatskappy reël vir 'n nagwag indien u dit sou verkies. Likrü Sekuriteit kan gekontak word by 053-832 1675. Slegs wagte van Likru Sekuriteit sal op die terrein toegelaat word.

  • OORNAG OP DIE TERREIN
    Geen stalletjiehouer sal toegelaat word om op die terrein te slaap nie. Die karavaanuitstallers moet asseblief deeglik kennis neem hiervan. Die terrein bied geen ablusiegeriewe nie. Die terrein word gedurende die aand geïnspekteer en oortreders sal gevra word om die terrein te verlaat en sal u stalletjie opgeskort word, sonder enige terugbetaling.

  • REGISTRASIE
    Registrasie vind plaas vanaf Maandag, 27 Augustus 2012 van 14h00 tot 16h30 en Dinsdag, 28 Augustus 2012, om 09h00 tot 16h30 by ons kantore te Du Toitspanweg 157 en Woensdag, 29 Augustus 2012 op die terrein vanaf 08h00 tot 16h00. GEEN REGISTRASIE SAL PLAASVIND OP DONDERDAG, 30 AUGUSTUS 2012. As jy nie teen Woensdag geregistreer het nie, sal jy beide jou stalletjie en stalletjiefooie verloor. Niemand sal voor Woensdag, 29 Augustus 2012 tussen 8h00 en 20h00 op die feesterrein toegelaat word nie. Hierna moet die terrein ontruim word. Maak asb. seker dat u die registrasienommer van u voertuig waarmee u voorraad gaan op- en aflaai gedurende die fees, saambring wanneer u kom registreer. Bring asb. ook genoeg geld saam om te betaal vir addisionele stalletjiehulp-permitte (indien benodig) en u stalletjienommer .

  • KANSELLASIESIndien u kanselleer voor die keuringsuitslag, sal daar 'n 10% + BTW as kansellasiefooi teruggehou word van u stalletjieprys. Indien u egter na u keuringsuitslag sou kanselleer, verbeur u u stalletjiefooi. GEEN TERUGBETALINGS SAL GEDOEN WORD NIE. Kansellasies moet skriftelik aan die Bestuurder van Markte en Uitstallings, Anne-Marié Zimmermann, gerig word.

  • VOORWAARDES & VRYWARING

    • Die fees doen alle moontlike stappe om sekuriteit te verseker, maar kan nie aanspreeklik gehou word vir enige verliese, skade gely of beserings nie.

    • Geen onderverhuring sal toegelaat word nie.

    • Geen stalletjiehouer mag op die terrein oornag nie.

    • Reg van toegang word voorbehou. Die feesbestuur behou die reg voor om stalletjiehouers te skors indien hulle nie die neergelegde reëls nakom nie of hulself aan wangedrag skuldig maak.

    • Die feesbestuur aanvaar geen verantwoordelikheid vir die handhawing van konsessieregte tussen uitstallers nie. Geen kompeterende logo’s, met betrekking tot die fees se amptelike borge, sal toegelaat word nie.

    • U moet u stalletjie vir die VOLLE duur van die fees bedryf – geen uitsonderings.

    • Neem asseblief kennis dat die Kunsmark in 'n openbare park gehuisves word en toegang vir voertuie is nie oral moontlik nie. Verseker dus dat u produkte maklik kan vervoer word.

    • Stalletjiehouers is self verantwoordelik vir die in- en oprigting van stalletjies, die fees voorsien slegs die spasie. U moet in u toegekende spasie pas asseblief.

    • Bring asseblief ‘n gieter vir die stof.

    • Geen stalletjiehouer is verseker om weer op sy vorige plek geplaas te word nie. Plasing is finaal.

    • Klagtes en knelpunte kan direk met die Bestuurder van Markte en Uitstallings opgeneem word.

    • Geen troedeldiere of drank sal by kosstalletjies toegelaat word nie.

    • Vervoer, parkering en verblyf is die uitstaller se eie verantwoordelikheid. U kan die feeskantoor skakel by 053-832 5014/7 vir inligting of ons webblad besoek by www.gariepfees.co.za

    • Voorkeur sal verleen word aan aansoekers met volledige aansoeke op ‘n eerstes-basis.

    • Slegs die produkte op u keuringsvorm sal toegelaat word.

    • Daar sal geen parkering wees vir voertuie binne-in die terrein nie. 

    • Verdere vereistes sal aan u deurgegee word op u aanvaardingsvorm.


    INSTRUKSIES
    Lees asseblief hierdie voorwaardes noukeurig deur en maak seker u verstaan al die inligting in hierdie dokument. Vul dan die aanlyn aansoekvorm/kontrak volledig in en klik op stuur.

    Verseker asseblief dat u dat u die terme en voorwaardes gelees het en aanvaar aangesien dit as kontrak dien. Stuur bewys van volle betaling en foto's aan stalletjies@gariepkunstefees.co.za. Maak seker dat u 'n deeglike produkbeskrywing verskaf. Aansoeke wat die feeskantoor na 29 Junie 2012 bereik, sal aan 'n 10% heffing op laat aansoek onderhewig wees. Aansoeke word gekeur en geplaas soos dit ontvang word, m.a.w. op 'n eerstes basis.

    GEEN FAKSE, GEEN TJEKS.

    Dit is die stalletjiehouer se verantwoordelikheid om navraag te doen indien u geen korrespondensie ontvang nie.

  • Terug na aansoekvorm