Voorwaardes Kosstalletjies
- Terug na aansoekvorm
-
Ligging: Oppenheimer-Tuine Kimberley
-
ALGEMENE INLIGTING
Alle kosmarkaansoeke moet van ‘n volledig ingevulde aansoekvorm en bewys van volle betaling vergesel wees en die feeskantoor nie later as 30 Maart 2012 bereik nie. U moet u produk volledig beskryf, aangesien u daarvolgens gekeur word. Nie alle produkte waarvoor u aansoek doen sal noodwendig gekeur word nie. ‘n Ooraanbod van produkte sal beperk word. Geen formele besighede of restaurante sal oorweeg word nie. U sal teen 16 April inkennis gestel word van die keuringsuitslag en vir watter produkte u gekeur is. Indien u aansoek onsuksesvol was, sal u gelde binne 7 dae aan u terugbetaal word.
SLUITINGSDATUM: 30 Maart 2012 KEURINGSUITSLAG: 16 April 2012
-
KOELDRANK-/SAP- & WATER VERKOPE
Weens borgskapooreenkomste kan slegs ‘n beperkte aantal stalletjies gekeur word vir die verkope van koeldrank, sappe en water. Die feesbestuur ken hierdie reg aan sekere van die kosmarkstalletjies toe volgens die kriteria van plaaslike liefdadigheidsorganisasies eerste, daarna ander plaaslike stalletjiehouers gevolg deur ander aansoeke. Die reg om koeldrank, sap en water te verkoop word verkry deur ‘n addisionele bedrag van R 1 000-00 aan die fees te betaal. Geen ander stalletjies het die reg om koeldrank, sap en water te verkoop nie, en die feesbestuur sal dienooreenkomstig optree teen enige stalletjiehouer wat versuim om hierdie reël na te kom. Geen uitsonderings. -
SIGARETTE & ALKOHOL
U sal nie toegelaat word om enige sigarette, tabakprodukte of alkohol te verkoop nie. -
BETALING
Aansoekvorms sonder die volle betaling sal onmiddellik afgekeur en vernietig word sonder enige kennisgewing. Geen tjeks word aanvaar nie! U moet u bewys van betaling (depositostrokie of internetoordrag) saam met u oorspronklike kontrak/aansoekvorm pos na:
Gariep Kunstefees, Posbus 1281, Kimberley, 8300. (GEEN GEFAKSDE AANSOEKE SAL AANVAAR WORD NIE!)
Bankbesonderhede: Gariep Kunstefees, Absa Bank, Reknr: 405 5220 861, Takkode: 500 902 (GEEN TJEKS WORD AANVAAR NIE!) -
HANDELSURE
Die kosmark dryf daagliks handel van 09h00-23h00. Uitstallers met die nodige voertuigpermit sal reeds vanaf 07h30 toegang tot die terrein hê om voorrade af te laai en teen 09h00 moet voertuie uit die terrein wees. Gedurende die aand sal die voertuie toegelaat word om die terrein binne te kom om 23h00 en moet almal uit wees teen 23h45. Alle uitstallers moet handel dryf tot Sondag, 2 September 2012, om 13h00. Geen voertuie sal voor 13h00 die terrein binnegelaat word nie. -
TOEGANGSPERMITTE
U ontvang 2 gratis Stalletjie-eienaar/toegangskaarte per eienaar. Dit verleen toegang tot die terrein aan twee persone per dag vir die duur van die fees. Indien u bykomende hulp by u stalletjie benodig kan stalletjiehulp-kaarte gekoop word tydens registrasie teen R100-00 per persoon vir die duur van die fees. U sal ook u verpligte stalletjienommer tydens registrasie ontvang teen ‘n deposito van R30-00 wat terugbetaalbaar is indien die nommer onbeskadig terugbesorg word Sondag tussen 12h00 en 14h00. Geen deposito’s sal daarna terugbetaal word nie. -
KRAGPUNTE
Elke stalletjie kry een toegekende 15 amp kragpunt en slegs een elektriese apparaat per kragpunt word toegelaat. Stalletjiehouers moet asseblief hul eie verlengingskoorde voorsien en verseker dat dit in ‘n goeie werkende toestand is. Geen toerusting wat 15 amp verbruik oorskry, mag gebruik word nie. Verseker ook asseblief dat alle kragtoestelle saans afgeskakel is. Daar is geen drie-fase krag beskikbaar nie. Enige stalletjiehouer wat oortree in hierdie opsig se stalletjie sal onmiddellik gesluit word en geen gelde sal terugbetaal word nie. - .
SEKURITEIT
Die feesbestuur doen alles moontlik om die veiligheid van stalletjies gedurende gewone handelsure te verseker, maar neem geen verantwoordelikheid vir enige verliese nie. U is welkom om met Likrü Sekuriteit te skakel vir ‘n sekuriteitsdiens op ‘n individuele basis. U kan ook op die dag van registrasie met hierdie maatskappy reël vir ‘n nagwag indien u dit sou verkies. Likrü Sekuriteit kan gekontak word by 053-832 1675. Slegs wagte van Likru Sekuriteit sal op die terrein toegelaat word. -
OORNAG OP DIE TERREIN
Geen stalletjiehouer sal toegelaat word om op die terrein te slaap nie. Die karavaanuitstallers moet asseblief deeglik kennis neem hiervan. Die terrein bied geen ablusiegeriewe nie. Die terrein word gedurende die aand geïnspekteer en oortreders sal gevra word om die terrein te verlaat en sal u stalletjie opgeskort word, sonder enige terugbetaling. -
HIGIëNE
Higiëne is van uiterste belang vir alle kosstalletjies. U moet asseblief toesien dat alle higiënemaatreëls, soos neergelê deur die Munisipale Regulasies, te alle tye nagekom word. Regulasies is bekombaar by Omgewingsgesondheidsdienste, Sol Plaatje Munisipaliteit, by Telnr: 053-830 6409. Alle voedsel moet op die terrein voorberei word. Gesondheidsamptenare sal gereelde inspeksies doen en indien die standaard nie voldoen
aan die higiënemaatreëls nie, laat dit ons geen ander keuse as om die stalletjie sonder versuim te sluit en geen gelde terug te betaal nie. ‘n Registrasievorm sal aan u gepos word deur die Omgewingsgesondheidsdepartement en moet aan hulle, nie aan die fees nie, terugbesorg word. -
GASVEILIGHEID
Ons verkies dat stalletjiehouers van gas gebruik sal maak of Charcoal. ‘n Maksimum van 18kg vloeibare petroleum gas word per stalletjie toegelaat, ingesluit bystand gas. Daar sal ‘n gashervullingsfasiliteit op die terrein wees vir verdere hervullings. U moet asseblief toesien dat ‘n 4,5kg droë chemiese poeier brandblusser, wat in ‘n goeie werkende toestand en binne 12 maande gediens is, te alle tye beskikbaar is. Alle braai areas moet afgeskort word! -
REGISTRASIE
Registrasie vind plaas vanaf Maandag, 27 Augustus 2012 van 14h00 tot 16h30 en Dinsdag, 28 Augustus 2012, om 09h00 tot 16h30 by ons kantore te Du Toitspanweg 157 en Woensdag, 29 Augustus 2012 op die terrein vanaf 08h00 tot 16h00. GEEN REGISTRASIE SAL PLAASVIND OP DONDERDAG, 30 AUGUSTUS 2012. As jy nie teen Woensdag geregistreer het nie, sal jy beide jou stalletjie en stalletjiefooie verloor. Niemand sal voor Woensdag, 29 Augustus 2012 tussen 8h00 en 20h00 op die feesterrein toegelaat word nie. Hierna moet die terrein ontruim word. Maak asb. seker dat u die registrasienommer van u voertuig waarmee u voorraad gaan op- en aflaai gedurende die fees, saambring wanneer u kom registreer. Bring asb. ook genoeg geld saam om te betaal vir addisionele stalletjiehulp-permitte (indien benodig) en u stalletjienommer. -
KANSELLASIES Indien u kanselleer voor die sluitingsdatum van 30 Maart 2012, sal daar ‘n 10% + BTW as kansellasiefooi teruggehou word van u stalletjieprys. Indien u egter na 18 April 2012 sou kanselleer, verbeur u u stalletjiefooi. GEEN TERUGBETALINGS SAL GEDOEN WORD NIE. Kansellasies moet skriftelik aan die Bestuurder van Markte en Uitstallings, Anne-Marie Zimmermann, gerig word.
-
VOORWAARDES & VRYWARING
Die fees doen alle moontlike stappe om sekuriteit te verseker, maar kan nie aanspreeklik gehou word vir enige verliese, skade gely of beserings nie.
Geen onderverhuring sal toegelaat word nie.
Geen stalletjiehouer mag op die terrein oornag nie.
Reg van toegang word voorbehou. Die feesbestuur behou die reg voor om stalletjiehouers te skors indien hulle nie die neergelegde reëls nakom nie of hulself aan wangedrag skuldig maak.
Die feesbestuur aanvaar geen verantwoordelikheid vir die handhawing van konsessieregte tussen uitstallers nie. Geen kompeterende logo’s, met betrekking tot die fees se amptelike borge, sal toegelaat word nie.
U moet u stalletjie vir die VOLLE duur van die fees bedryf – geen uitsonderings.
Neem asseblief kennis dat die kosmark en kunsmark in ‘n openbare park gehuisves word en toegang vir voertuie is nie oral moontlik nie.
Stalletjiehouers is self verantwoordelik vir die in- en oprigting van stalletjies, die fees voorsien slegs die spasie. U moet in u toegekende spasie pas asseblief. Bring asseblief ‘n gieter vir die stof. Alle voedsel moet op die terrein voorberei en gaargemaak word
Geen stalletjiehouer is verseker om weer op sy vorige plek geplaas te word nie.
Klagtes en knelpunte kan direk met die Bestuurder van Markte en Uitstallings opgeneem word.
Geen troedeldiere of drank sal by kosstalletjies toegelaat word nie.
Vervoer, parkering en verblyf is die uitstaller se eie verantwoordelikheid. U kan die feeskantoor skakel by 053-832 5014/7 vir inligting of ons webblad besoek by www.gariepfees.co.za
Voorkeur sal verleen word aan aansoekers met volledige aansoeke op ‘n eerstes-basis.
Slegs die produkte op u keuringsvorm sal toegelaat word.
Daar sal geen parkering wees vir voertuie binne-in die terrein nie.
Verdere vereistes sal aan u deurgegee word op u aanvaardingsvorm.
INSTRUKSIES Lees asseblief hierdie voorwaardes noukeurig deur en maak seker u verstaan al die inligting in hierdie dokument. Vul dan die aanlyn aansoekvorm/kontrak volledig in en klik op stuur.
Verseker asseblief dat u dat u die terme en voorwaardes gelees het en aanvaar aangesien dit as kontrak dien. Stuur bewys van volle betaling en foto's aan stalletjies@gariepkunstefees.co.za. Maak seker dat u 'n deeglike produkbeskrywing verskaf. Aansoeke wat die feeskantoor na 30 Maart 2012 bereik, sal aan 'n 10% heffing op laat aansoek onderhewig wees. Aansoeke word gekeur en geplaas soos dit ontvang word, m.a.w. op 'n eerstes basis.
GEEN FAKSE, GEEN TJEKS.
Dit is die stalletjiehouer se verantwoordelikheid om navraag te doen indien u geen korrespondensie ontvang nie.
- Terug na aansoekvorm
