Gariepfees

Stuur vir ons voorstelle van al die kunstenaars of produksies wat jy graag in 2012 by die fees wil sien na bernice@gariepkunstefees.co.za
Ons nooi ook graag alle opkomende kunstenaars uit om aansoek te doen om op te tree by die fees. Kry nou jou aansoekvorm op die webblad.

Projekte

  •  

     

     

    Die Gariep Kunstefees is nie net ’n kunstefees nie, dit is ook ’n mensefees en streef daarna om inklusief te wees deur die hele gemeenskap te betrek.  Uit hierdie strewe het projekte soos die kaartjieprojek en die 1000-Kidz-vir-die-Kunste-projek ontstaan. Ander unieke projekte wat die fees elke jaar aanpak is die Nashua Moblile Celebrity4Charity Gholfdag en die Diamantstad Sterreweg. Klik op die onderstaande foto’s of skakels om meer uit te vind oor hierdie projekte.
    Enigeen wat ’n finansiële bydrae tot een van hierdie projekte wil lewer, kan Bernice Sutton by 053 832 5014/7 skakel of ’n e-pos stuur aan bernice@gariepkunstefees.co.za

     

    Volledige projek ingting volg binnekort.

     

  • 1000-Kidz-vir-die-Kunste    

    Die 1000-Kidz-vir-die-Kunste-projek is op sy beurt begin om ’n 1 000 kinders uit minderbevoorregte gemeenskappe na die fees te bring sodat ook hulle kan deel in die feeservaring. Daar word vir elkeen ’n kospakkie en kaartjies vir die pretpark gegee.


    Klik op foto's om te vergroot

     
     
  • A-Ticket-2-the-Show    

    Die kaartjieprojek is ’n geldinsamelingsprojek om kaartjies van vertonings vir ouetehuise en kinderhuise beskikbaar te stel. So word behoeftiges ook na die teater gebring deur die kaartjieprojek, A-Ticket-2-the-Show! Dit is nie net ’n vertoning wat hulle gratis bywoon nie, dit laat hulle ook deel van die fees voel.


    Klik op foto's om te vergroot

     
     
  • Nashua Mobile Celebrity4Charity Gholfdag    

    Op Woensdag, 29 Augustus 2012 word die Nashua Mobile Celebrity4Charity Gholfdag aangebied ten bate van ‘n liefdadigheidsorganisasie soos die naam tereg weergee.

    Besighede kan hier aktief betrokke raak by liefdadigheid deur hul gholfstokke onbaatsugtig te swaai. In elk van die 20 spanne van vier spelers is ’n bekende kunstenaar. Die fees sal later bekend maak aan watter liefdadigheidsorganisasie 2012 se opbrengs geskenk gaan word – in 2011 was Kansa aan die beurt.

    Bekendes wat in 2011 saam gholf gespeel het, is Thys die Bosveldklong, Pieter Koen, Wicus van der Merwe, Pieter Smith, David Fourie, Gerrie Pretorius, Jakkie Louw, Nádine, Karen Ferreira en ander.

    Skakel die feeskantoor by 053 832 5014/7 om jou plek op die gholfbaan te bespreek.


    Klik op foto's om te vergroot

     
     
  • Diamantstad Sterreweg    

    Die Diamantstad het sy eie Hollywood Walk of Fame – die Diamantstad Sterreweg.

    Dit is die Gariepfees se doel om kunstenaars wat al ’n groot bydrae tot die kunste in Suid-Afrika gelewer het, te vereer. Dit is ’n tasbare manier om die groot geeste van die kunste te vereer en ’n afdruk van hul hande in die stad se fondament te verewig. Dit is boonop die enigste kunstefees in die land wat kunstenaars só huldig.

    Die eerste inskrywings in die Diamantstad Sterrewegjoernaal – Antjie Krog (skrywer en digter), André P. Brink (skrywer), Kurt Darren (sanger), Sandra Prinsloo (aktise), Zane Meas (akteur) en Laurika Rauch (sangeres) – het op die fees se tiende bestaansjaar in 2009 plaasgevind.

    In 2010 is die Noord-Kaap se eie Shaleen Surtie-Richards (aktrise) en die sanger Steve Hofmeyr se spoor in die sement verewig.

    In 2011 is die akteur Frank Opperman sowel as die veelsydige Elzabé Zietsman (sanger en aktrise), sangers Chris Chameleon en Dr Victor, hoofsanger van Dr Victor en die Rasta Rebels wat ‘n boorling van Kimberley is vir hul bydrae to die bevordering en vooruitstrewing van die uitvoerende kunste gehuldig. Laasgenoemde groep het selfs al naam oorsee gemaak.

    Dit gaan Saterdag, 1 September 2012 voor die ingang na die William Humphreys kunsmuseum plaasvind. Die tyd sal bevestig word wanneer die name van die kunstenaars wat in 2012 vereer gaan word bekend gestel word.


    Klik op foto's om te vergroot

     
     
  • Jeugwerkwinkels    

    Sedert 2006 bied die Gariep Kunstefees jaarliks ‘n aantal jeugwerkswinkels aan. Ons plaaslike skoliere en omliggende bure het al gedeel in die kennis van groot name in die TV-, drama-, musiek- en radiobedryf soos Brümilda van Rensburg, Diaan Lawrenson, Jak de Priester, Fritz Klaaste, Lucas Maree, Hannes van Wyk en vele meer. Hierdie werkswinkels word gratis aangebied en ons is opgewonde om te sien ander feeste volg toenemend ons voorbeeld! Lank lewe die kunste in ons jeug se toekoms!


    Klik op foto's om te vergroot